Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Pretoria " deur KOOS DU PLESSIS
"Pretoria " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61908] Sa, 11 Mei 2002 00:46
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Pretoria
Koos du Plessis

Pretoria, jakarandastad,
dis weer Oktobermaand...
Miskien is dit die rede dat
ek só verlang vanaand,
want hoeveel jare het jy nie
my lief en leed gedeel --
en stil geluister wanneer ek
my ou kitaar bespeel.

Pretoria, jakarandastad,
waar ek so graag alleen
straat-op en -af geslenter het
in die lentereën;
waar meisies lank ná middernag
nog deur die vensters loer
en dromend luister na die lied
van elke troebadoer.

Pretoria, jakarandastad,
die tyd gaan gou verby
en daardie jare lê soos
ylblou berge agter my.
Maar steeds is ek die troebadoer
wat almal wil vertel
van jou, ou jakarandastad,
met sang en snarespel.
Vorige onderwerp: " Hier's ons almal tesaam " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Skadu's teen die Muur " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 01:06:47 MGT 2024